Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 29 MAART 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA AJV KENNISGEWING

NUWE REGULASIES BINNEKORT BESKIKBAAR

LISENSIEGELDE BETAALBAAR OP 31 MAART

en

80 METER QSO GESELLIGHEID EN RADAR UITDAGING IN DIE WEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die Algemene Jaarvergadering Kennisgewing en finansiële dokumente is op die lede afdeling van die Liga se webblad gepos. Die dokumente is in PDF formaat.

Die AJV sal gehou word as deel van die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Konvensie van 17 tot 19 April 2015 in Bloemfontein. Maak nou jou besprekings. Besonderhede en die bespreking vorm is beskikbaar op www.sarl.org.za. Dit is 'n geleentheid wat nie misgeloop mag word nie.

** Die nuwe regulasies binnekort beskikbaar. Die hersiene frekwensie spektrum regulasies sou na verwagting reeds op Vrydag beskikbaar wees, maar as gevolg van 'n paar laaste minuut veranderinge is publikasie vertraag. Dit word nou die begin van die week verwag. Besoek www.sarl.org.za gereeld vir die jongste inligting.

** Amateur lisensiegelde verskuldig op 31 Maart. Die gelde vir amateur radio lisensies is voor of op 31 Maart 2015 verskuldig. As jy nog nie betaal het nie, doen dit nou. Gebruik altyd die lisensienommer en jou roepsein as verwysing. As jy jou lisensie by 'n Poskantoor betaal het, sal jy 'n klein bedrag wat nog verskuldig is op die faktuur sien. OKOSA sę dat dit geďgnoreer moet word aangesien dit 'n kwessie tussen die Poskantoor en OKOSA is en sal outomaties reggestel word.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga 5 MHz aktiwiteit naweek het gister begin en sal voortduur tot vanaand. Jy kan nog steeds deelneem aan die laaste sessie wat om 18:00 Sentraal-Afrikaanse Tyd begin. Dit is 'n ESB aktiwiteit op 5 260 KHz en is slegs oop vir lede van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Volledige besonderhede is beskikbaar by www.sarl.org.za

** Hierdie is 'n herinnering dat die laaste dag om logstate vir die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF / UHF kompetisie in te dien, is middernag op Sondag 5 April 2015. Tot op datum is slegs vyf logs ontvang.

Teen Saterdag 28 Maart het die kompetisie komitee 117-logstate vir die All Africa DX Contest ontvang; dit sluit 10 logs van Suid-Afrikaanse stasies in. Hierdie statistieke wys net die verskil in betekenis van kompetisie tussen plaaslike en DX stasies - DX stasies dien hul logs in. Die laaste dag vir die indiening van jou logstaat is middernag op Dinsdag 31 Maart 2015.

** Węreld Amateurradio Dag, 18 April 2015. Elke 18de April, gaan radio amateurs węreldwyd op die lug ter viering van Węreld Amateurradio Dag. Dit was op hierdie dag in 1925 dat die Internasionale Amateurradiounie in Parys gestig is.

Sedert sy stigting, het die IARU onvermoeid gewerk om frekwensie toekennings vir Amateur Radio te verdedig en uit te brei. Danksy die ondersteuning van die verligte administrasies in elke deel van die węreld, is radio amateurs nou in staat om te eksperimenteer en te kommunikeer op frekwensie bande strategies geleë in die radio spektrum. Van die 25-lande wat die IARU in 1925 gestig het, het die IARU gegroei tot meer as 160 lid- verenigings in die drie streke. Die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) het die IARU erken as verteenwoordiger van die belange van Amateur Radio.

Węreld Amateurradio Dag is die dag wanneer IARU lid-verenigings ons vermoëns aan die publiek kan wys en węreldwye vriendskap met ander Amateurs węreldwyd geniet. 18 April is die dag vir almal om Amateur Radio te vier, die węreld te vertel oor die wetenskap wat ons kan help leer, die gemeenskap diens wat ons kan bied en die pret wat ons het. Ons hoop dat jy sal deel in die pret en opvoeding wat Węreld Amateurradio Dag bied!

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die IARU Nood Telekommunikasie Gids is aanlyn beskikbaar. Tydens die 2014 IARU Administratiewe Raad vergadering, het die Raad die IARU Nood Telekommunikasie Gids goedgekeur en die gids is nou beskikbaar op die IARU webblad. Hierdie nood telekommunikasie gids is ontwikkel om die IARU lid-verenigings te voorsien van materiaal wat geskik is vir die opleiding van hul lede om deel te neem in nood gebeure. Dit is ook ontwerp om leiding te gee aan die individuele amateur radio operateur wat min of geen ondervinding in die hantering van nood kommunikasie het nie, maar hul vermoë wil deel in sulke gebeure of net 'n beter begrip van die proses te verstaan.

IARU lid-verenigings word aangemoedig om hierdie gids onder sy lede te versprei en, indien nodig, 'n vertaling in 'n taal wat gebruik word in hul eie land te voorsien. Hierdie gids kan ook in samewerking met ander opleidingsmateriaal wat gebruik word deur die leiers in die nood kommunikasie gemeenskap, om radio-operateurs in die basiese teorie en praktyk van die hantering van nood kommunikasie verkeer op te lei.

Die IARU Nood Telekommunikasie Gids kan gevind word by www.iaru.org/emergency-telecommunications-guide.html

Die IARU Internasionale Sekretariaat stel belang in enige terugvoer, kommentaar of voorstelle ten opsigte van die Gids. Stuur jou kommentaar aan die Hamnet Nasionale Direkteur.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van Luc Lefever, ON4NL, en Werner Verschuur, ZR6WEN.

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Liga-sekretaris voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin bereik. Die lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga staan tans op 1 633 lede en 38 geaffilieerde klubs

** Die doel van die Suid-Afrikaanse Radioliga Herfs 80 m QSO Geselligheid is om 'n belangstelling in en aktiwiteit op die 80 m-band te skep. Dit is 'n foon kompetisie wat op die lug sal wees tussen 17:00 en 20:00 UTC op Donderdag 2 April 2015. Slegs frekwensies in die segment 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz kan gebruik word.

Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag en jou naam. Jy verdien 10 punte vir elke kontak met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte vir elke kontak met 'n stasie buite Suid-Afrika. Logstate moet teen middernag op Donderdag 9 April 2015 ingedien word per e-pos aan zs5lp@vodamail.co.za.

** Die RaDAR Uitdaging is 'n unieke geleentheid wat gemik is op die bevordering van die gebruik van vinnig ontplooibare amateur radio stasies. Hierdie uitdaging is vir alle gelisensieerde radio amateurs en nie beperk tot Suid-Afrika nie. Die RaDAR uitdaging sal op die lug wees vanaf 00:00 tot 23:59 UTC op Saterdag 4 April - 24 uur sal gelyke geleentheid gee vir die internasionale gemeenskap van RaDAR operateurs. RaDAR operateurs kan hul eie bedryf tyd skeduleer of aktief bly vir die volle 24 uur.

Alle amateurbande word toegelaat, insluitend kruis kontakte via amateurradio satelliete. Modusse – gelykgolf, ESB, AM, FM of enige wettige digitale modus. QSOs via aardse herhalers sal NIE toegelaat word nie. Die WARC bande kan gebruik word omdat dit 'n RaDAR uitdaging is en nie 'n kompetisie is nie. Die uitruiling is jou roepsein, jou naam, 'n RS of RST verslag, jou QTH en ruitverwysing.

Kry al die besonderhede in die 2015 Blouboek www.zs4bfn.co.za/RaDAR.asp

** In die voortplanting verslag, berig Hannes Coetzee, ZS6BZP dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Plaaslike geo-magnetiese toestande is versteurd wat 'n invloed op HF kommunikasie het. Sonvlek AR2305 het 'n "beta-gamma-delta" magneetveld wat genoeg energie vir X-klas sonfakkels huisves.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 90.

Amateurs kan veral laatmiddag goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou het die dagboek van gebeure

Vandag - die laaste sessie van die 5 MHz aktiwiteit naweek wat om 18:00 Sentrale Afrikaanse Tyd begin en die CQ WPX ESB kompetisie eindig om middernag UTC, luister uit vir ZS6MRK
31 Maart – die sluitingsdatum vir All Afrika DX Contest logstate
2 April - die Suid-Afrikaanse Radioliga Herfs 80 m QSO Geselligheid
4 April - die Herfs RaDAR Uitdaging
5 April – die sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse Radioliga BHF / UHF logstate
9 April – die sluitingsdatum vir registrasie vir die Mei RAE en sluitingsdatum vir 80 m QSO geselligheid logstate
11 April - die Suid-Afrikaanse Radioliga Herfs QRP Kompetisie
11 April – Opedag vir die 2015-Stars of Sandstone, luister uit vir ZS4AFV
17-19 April - die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Konvensie in Bloemfontein
18 April - Węreld Amateurradio Dag

Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoof nuusberig.

** Die Algemene Jaarvergadering Kennisgewing en finansiële dokumente is op die lede afdeling van die Liga se webblad gepos. Die dokumente is in PDF formaat.

Die AJV sal gehou word as deel van die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Konvensie van 17 tot 19 April 2015 in Bloemfontein. Maak nou jou besprekings. Besonderhede en die bespreking vorm is beskikbaar op www.sarl.org.za. Dit is 'n geleentheid wat nie misgeloop mag word nie.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003